Jongste aktiwiteit:

Kunswerk

soos ‘n Hanna
het ek jou in my gebede afgesmeek
in geheimenis het jy saad geskiet
in ‘n heilige oomblik
is ‘n stukkie hemel
aan my toevertrou
‘n geskenk uit die Vader se hand
‘n kunswerk in verborgenes gebou
is jy ons kosbare liefdespand
‘n wonderwerk is voltrek
elke vesel van jou
het diep in my ontluik
die wonder van ‘n mens
het in my ontvou
jou eerste roering het stil gekom
die wete in my uitbasuin
in my is ‘n nuwe lewe




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed