Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: krummels

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 30 Mei 2019 Aantal woorde: 81 88 Kere gelees 2

mis bedek my duin
klanke rinkink daaroor
vistreilers wat kom en gaan
see se tafel staan gedek
onvoorspelbare golwe
wieg heen en weer

feesmaal is aan die gang
eetgoed kletter helder klanke
kos word heen en weer gestuur
welriekende reuke hang ryk
aptyte word gou versadig
wat nie dood maak vet

teen mure sit vlieë
op die grond draai katte
en honde rond om te aas
so is die lewe van rykes
armes, almal wat eet
krummels vir diere

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 547
Kommentaar telling: 75

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 56 gaste aanlyn

Bydrae Totale