Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: KRINGLOOP

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 20 Januarie 2018 Aantal woorde: 72 356 Kere gelees 4

KRINGLOOP

waar wortels in stof sou vorm
stewig aan lewensbron gekoord
voor woorde mensword kan belemmer
veilig in genade watertrap en swem

dan oop-oog beur na lig en lewe
gryp na oorvloed rondom heen
sonder perk baljaar in see en stroom
sorgeloos deur die wêreld sweef

maar as seisoene vir oulaas draai
gedwonge terugbuig na die aarde
bakhand laaste lewe opslurp
voor dit in die in die stof verdwyn

© Barbara Smit – 18/01/2018




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    22 Januarie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 – Weerbegin en voornemens projek

  2. Somerreën

    22 Januarie 2018

    Jou inhoud kom so mooi bymekaar met jou titel, ek het die gedig geniet.

    Dankie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 63
Kommentaar telling: 45

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 86 gaste aanlyn

Bydrae Totale