Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kraanvoëls op MY AKKER

Deur Toom
Datum gepubliseer: 25 Maart 2020 Aantal woorde: 396 53 Kere gelees 1

Nou die aand het ek die eerste „Hoep!”-tone van trekvoëls oor my kop gehoor
Dit was reeds donker en, tussen die kaal boomtakke, kon ek nie uitmaak
watter soort voëls dit was nie. Hul roep kon ek ook nie vasstel nie.
Maar nou keer hulle terug. Ek verneem dat sommiges altyd weer aan
hul stamplekke terugkeer. Alle? Weer ek nie.

Vroeër, toe die stroommaste nog daarop gestaan het, het ‘n gesinnetjie
blou-reiers statig en würdevol heen en weer gestap het. Daar regs in die rigting van die
kruising, waar die Django Bar was. Snags het hulle na hul nes in die
„woud”gevlieg (eintlik sou ons plantasie sê, dennehout vir due boubedryf).
Toe ons op ‘n Sondag ‘n entjie gaan stap, het ons enkeles gesien, waar hulle op
‘n tak met mooi uitsig wag gehou of na paddas en muise omgesien het. Dis
nou lank gelede. Waar die kinders en kinders-se-kinders gebly het?

Nie so lank gelede nie, ‘n jaar of tien, twaalf miskien, Het ons besoek vam

kraanvoëls gehad. Watter soort kan ek nie sê nie; dit was te ver weg – maar
ons het in daardie jaar op verskillende dorpe ‘n „ kraanvoëlplaag” gehad: Daar
was prente in die koerant van parmantige kraanvoëls met goue krone op hul kop in
die hoofstraat tussen die motors – nie skare nie, vereenseld, maar tog. O gits,
waar was ek? Ja, op my akker. Eers het twee gekom en het gebaljaar en
paardanse uitgevoer net daar waar die reiers vroeër was. Oor die groen toppies
van die winterkoring wat toe reeds daar staan. ‘n Paar dae later sien ek dis nou
twee pare wat met wydverspreide vleke met bek na die midde gemik in ‘n kring
dans.

Rêrig dans: Nie langaŕmdans nie maar twee, drie passies na links, twee kom in
die middel en terug, nog ‘n paar passies, die ander twee kom in die middel.

En metgeskreeu en krakeel! En so voort, miskien vyf minute lang. ‘n Paar dae later het
altwee pare in die bos oorkant die pad verdwyn, van waar hul geskreeu en
gelag nog lang te hore was. Maar gesien het ons hulle nie weer nie.

Toe ek dit weer vertel, kry ek as antwoord: „Seemannsgarn!” wat soveel
beteken as, „Hou op met lieg!”

Maar dit het ek gesien. Isso. Op my akker.

Groetnis vanToom




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 206
Kommentaar telling: 209

Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 217 gaste aanlyn

Bydrae Totale