Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kortverhaal [vir Johan]

Deur AnnaPatat
Datum gepubliseer: 23 Mei 2019 Aantal woorde: 92 182 Kere gelees 1

Eendag lank, lank gelede…

het ‘n draak hom ingesluk

en die dood was beter in stede

van die lyding van die lewe wat misluk

niemand het sy binnelandskap geken

as hy lepelgelê het in die nag

met sy gedagtes wat bereken

hoe om sonder faal sy slot te vermag

ons sal wonder of hy nog iets wou sê

of ons deur dit sy stryd sou kon bepaal

maar sy woorde was buite bereik binne hom verlê

en sy sprokie word n kortverhaal

toe hy daardie dag besluit:

fluit-fluit my storie is uit




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 55 gaste aanlyn

Bydrae Totale