Titel: Kort vertoef
Deur Palet

Silwer spore in die sand
brand verlange verlate in my hunkerhart
wanneer die wind waai
hier oor ‘n kaapse baai
Dan soek ek jou
in die blousel blou
jy vul my gedagtes met samesyn
waar die maan stil in die verte verskyn
Vir ‘n oomblik is jy sigbaar
en dan sien ek hoe jy weer weggaan
ek fluister sag jou naam
in die broosheid van die stilte aan
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek