Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: KOM ONS GESELS OOR MAANDAE

Deur Lorraine
Datum gepubliseer: 30 Mei 2019 Aantal woorde: 932 152 Kere gelees 4

Maandae val vir my in dieselfde kategorie as rollmops, olywe, oneerlikheid, tandarts en die winter – NOT AT THE TOP OF MY LIST!
Maandae is vir my skokkend naby aan Vrydae. Ek bedoel, mens het nog net begin relax dan is die naweek verby. Maandae, voel dit vir my, vang my áltyd half onverwags en heeltemaal onvoorbereid. Omdat ek soveel naweek as moontlik uit die naweek uit probeer haal, relax ek vir my gewoonlik heeltemaal by skoolklere stryk verby. Dan moet ek dit Maandae oggende doen. Ek weet, dis my eie stupidgeit en ek neem die verantwoordelikheid daarvoor.
Maandae in die winter is vir my éérs erg. Dan begin die Maandag met die proses van loskeur uit die warm komberse uit. Elke slag as ek my voet so by die rand van die bed onder die komberse uit stoot, besef ek dis baie beter vir my saligheid om binne in die kooi te bly. Maar so is ‘n mens se fisiese genot op ‘n Maandag NIE die belangrikste ding op die planeet nie! Genadiglik het ek ‘n man wat my wakker maak met ‘n koppie koffie – ‘n luxury wat nie alle vrouens het nie.
Ewenwil, opstaan in die winter bly maar elke oggend ‘n pynlike storie – opstaan in die winter op’n Máándag, vat every ounce of bravery wat ek het en die deursettingsvermoë van ‘n olimpiese atleet!

Dan is daar Maandag oggende soos vanogeend wat heeltemal in ‘n klas van hulle eie val! Hoër graad stuff!
Synde dat Frans vir my koffie in die bed bring, is dit seker net fair dat ek sy badwater in tap. Kom ek, nog steeds in skok oor dit regtig oornag Maandag geraak het, in die badkamer aan, ontdek ek dat die een of ander mens wat laaste gebad het, nie die bad se rande gewas het nie. Nou hang ek nog so half deur die slaap oor die bad en skrop die affêre met Handy Andy – terwyl ek die hele tyd moun! Binne in die bad sit ‘n baie mooi mot en ek het nie die hart om die ding saam met die vuil Handy Andy water in die drein af te spoel nie. Ek lig die mot so half met my nat hand uit die bad dat hy na veiligheid kan vlieg. Of die ding nou nie wragtag terugval in die bad nie! “Man,jy is blerrie stupid!” raas ek met die mot, maar ek help hom darem weer uit. Van sy vlerkpoeiertjies val op die bad se rand, maar dit smaak my die pennie het gedrop, want hy vlieg tot bo-op die toiletbak.
Toe ek terugkom in die kamer, wil Frans weet met wie ek so praat. Ek sê hom van die mot. Hy lag net vir my en skud sy kop – hy ken my mos teen díe tyd ook al. Hy gaan bad en ek maak die kinders wakker, gaan stryk skoolklere, kyk dat almal brêkfis kry en pak lunch. Tussendeur bly ek na die bed verlang, maar terugklim tussen die komberse is my nie beskore nie. Billy kom half agt die blou kar met sy breakdown na Neels toe sleep en ek moet agterna om Neels oor die Jetta te bepraat. So gaan laai ek vir Tristan by die busstop af en kom poeier en paint dat ek darem nie soos die gees van ‘n afgestorwene lyk wanneer ek die wêreld in oë moet kyk nie.
Die skottelgoed wag vir wanneer ek terugkom. Met die uitstapslag sien ek my Primula plantjies gaan vandag nog almal vrek as hulle nie ‘n slag nat kom nie en ek maak ‘n mental note om dit te doen sodra ek terug is by die huis. Ek moet tog onthou om sommer vandag nog skoolklere vir more te stryk. Ek moet onthou om die sitkamer gordyn in te haak – hy hang nou al vir weke met die een punt so half slap soos die jean van ‘n slapgat tiener. Ek bly vergeet om net ‘n nuwe hakie in te sit en in te haak al sien ek die gordyn honderd maal op ‘n dag en al kry ek elkeen van daai honderd kere maagpyn daaroor! Ek moet die to-do-list op die yskas update en die paar af knope en uit some met naald en gare beetkry. On top of everthing voel ek naar. Ek het sommer vroeg al die wilde Vertigo, ek voel soos ‘n kind wat al in die rondte bly draai het totdat sy te dronk was om regop te staan!
Nou is ek al meer as twee ure terug by die huis, maar het nog nie vir die komper tyd gehad nie – ek het eintlik ook nie nou tyd vir die komper nie, maar ek moet my skryf skryf, want ek is baie seker ek is nie die enigste een wat Maandae haat nie! Ek het sommer vroeg vanoggend al aan Richard gedink. Richard is my mooie vriendin, Christellie, se man wat verlede jaar November oorlede is aan breinkanker. Ek en Richard het aan die twee uiterste kante van die opniniesfeer gestaan in soverre dit Maandae betref. Richard het altyd van Maandae gehou, want, het hy gesê, dit is die begin van ‘n nuwe week vol geleenthede. Baie Maandae het Richard aspris vir my die een of ander positiewe iets spesifiek oor Maandae op Facebook gepost. Ek was baie lief vir die Engelsman en kan verstaan dat Christellie hom mis!
As iets my oorl’e Ouma Bloemfontein gewen het, het sy altyd gesê” “Dit is my een oor!” Nous ê ek vir julle: “Maandae is my een oor!”




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 15
Kommentaar telling: 6

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 34 gaste aanlyn

Bydrae Totale