Jongste aktiwiteit:

Kom, laat ons INK

Nou, na 6 maande van INK, slaak ek ‘n sug van verligting. Dankie tog vir ‘n blad soos hierdie.
Enige persoon wat dit geniet om te skryf, maar wat terselfdertyd ook ernstig is oor sy/haar skrywery, kan net baat vind deur op INK te publiseer en te lees.

Ja, mens kan jou skryfsels op fb plaas en daar kom gereeld nuwe digtersblaaie na vore. Ek plaas self my gedigte op sommige van hierdie blaaie. Die probleem is, dit is asof alles wegraak in die niet. Vandag plaas jy jou gedig, en twee dae later sien geen sterfling dit ooit weer nie. Dit is wat ‘n blad soos INK anders en baie beter maak. Hier kan jy vir jouself ‘n skrywersprofiel opbou. Al jou skryfwerk word netjies bymekaar gehou en enigeen wat belangstel in jou werk, kan enige tyd die blad besoek en kom lees. Ek kyk so nou en dan terug na my ouer gedigte en is heel verbaas om te sien hoe die aantal lese mettertyd bly styg.

Dan beskik die blad ook nog oor ‘n biblioteek waarin mens vele bekende skrywers se werk kan lees. Elke maand se projekwenners se wenbydraes word nou ook in die biblioteek gepubliseer. Dit is die moeite werd om daar in te loer.
En klik gerus op die OPLEIDING skakel ~ ek dink ek gaan persoonlik nog baie hier leer by iemand wat beslis weet waarvan hy praat.

INK bied vir ons almal ‘n gulde geleentheid, vir beginners en ook vir gevorderde skrywers. Dis ‘n geleentheid om aan te gryp, na my mening.

So
Kom, laat ons INK!

C. Shaw
26 Julie 2016

* Dit was nou my eerste gorrel op INK. 🙂




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed