Jongste aktiwiteit:

koffie-troos

met die eerste teug
aan my oggend boere troos
kom die ryk herinnering
van regte egte gemaalde koffie
in my neus op en dink ek aan
die ryk ou dae van koffie ketels
met ‘n sakkie daarin
waarin die gemaalde
koffie bone
mooi uitgemeet
geplaas was
met kookwater
laat trek op die stoof
ryk swart boeretroos
met ‘n tikkie room
en bruin suiker
geskink in bekers
grootste vir pa
kleiner vir ma
kleiner vir
elke een
tot by
my

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed