Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: KOESTER DIE SILWER JARE

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 10 Oktober 2019 Aantal woorde: 139 38 Kere gelees 3

Ek luister na jou bekende stem,
nuanses nie deur ouderdom gesteel
en sonder om jou grys hare raak te sien,
begin my krom vingers deur jou silwer hare streel.

Ek laat my verbeelding vir ‘n oomblik gaan
en ons is vir ‘n oomblik terug in die verlede…
Ons liefies en soentjies en deel drukkies uit;
jy bult spiere en ek vladder my ooglede.

Geen sprake van krom vingers,
alles is soos daardie tyd wonderlik reg…
Ons stap sprankelend langs mekaar
met jong vingers inmekaargevleg.

Om oud te wees en boggelrug krom
met kierie en kranke en kreun
vorentoe geboë aan te skuifel
met ‘n gekerm, gekla en gesteun?

Ag nee wat, ons is dan nogsteeds
net so verlief soos die jare wat was.
Daarom, silwer hare en skete ten spyt,
moet die gedagte aan ouderdom maar verkas!

(Kopiereg voorbehou)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 0

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale