Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Klimaatskuif (Silwer)

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 13 November 2019 Aantal woorde: 56 112 Kere gelees 3

Die woeswind waai

wes suid oos noord

bly blare deur bome

droog oor dakke draai,

verander laat-lente

se bloeisel bloedwyn

gepars uit druif

van die laaste boord

in die wingerdbruin

van vroegherfs

se skyn –

 

en skielik word ‘n droom

van hoogsomer

witwinter

se stille pyn.

 

Charleine Collins © November 2019

Illustrasie:https://www.dreamstime.com/royalty-free-stock-photography-tree-wind-falling-leaves-image38405557




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    14 November 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek – Laat-lente

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 95
Kommentaar telling: 39

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 111 gaste aanlyn

Bydrae Totale