Jongste aktiwiteit:

Klein Karoo

Klein Karoo

oopgeslinger lê die vêr vlaktes van die Klein Karoo
al wat oorbly is aardse eerlikheid en jou altydgeloof
kneukelvas staan spatsels gyl ghwarriebosgroen
krudorings en diksappig fynbosblaar deur wortelskroef versoen

klipdekades gelede is jou wydheid só gekompak met plat
rotslaag na laag verleen vorm aan jou klipgebonde beeld
afgerond met graniet stoflik grond: is ek aan jou gebond
deur die stof waarvan ek gemaak is met Godlik verbond?

die Groot Swart- en Outeniekwaberge se opgevoude hoogtes
onthul jou kloof-gekarteld en oopgeharkte knoppies groef
dit is hier waar die wydheid van die Klein Karoo ontbloot
ritmes van ‘n volstruisveerdans en donkiekar klid-klap poot

waar Oudtshoorn, de Rust en Calitzdorp in die tussen ontmoet
waar die lamppaal skuins staan al van lank
en ‘n yster dubbelspoor gesien word langs die N12 loop
wie is ek as ek na jou nimmer einde kyk, verander my beleid?

op jou leiklip verslete vlaktes en sandsteen gebeentes
bak die songloed ruwelik sy strale oor ‘n klipse-skeefgepak
hangkoppend vra dorpers aan windpomp vir druppels nat
hierdie plaat der skelkelbek spoeg dan dat die water spat

in jou koepelblou dak bedags dalk twee wolk of een: geen
met die lig aan die verby word jou ruheid geherberg
in die grysgewaad wat die sterre-aand jou aantrek
die ander helfte van dag is nou hier: goeie-naand nag

onveranderd bly jy verouderde klippe kontrei soos ‘n jong karoo
ek is ‘n ruwe rots en word verander deur dít wat ek bedink en glo
my God vyl en kap weg dit wat nie soos Hy lyk: klipperse spat
want binne my lê Sy beeld, Sy gebod, altyd nader aan my God

Acousticsmile 2003
Kom weer, wanneer Suid-Afrikaanse kunste kom dans tussen dié kronkels uitgekartelde kontoere: Oudtshoorn se Klein Karoo Nasionale Kunstefees: kom weer; dans op musiekmaat en slaap ‘n klip




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed