Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kersfees onthoutjies (Opdrag 8)

Deur Cornien
Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 Aantal woorde: 177 291 Kere gelees 3

Die Kersboom effek

1. Die digvorm neem ‘n Akrostigon vorm aan maar instede van ‘n naam, moet dit die tema/titel van jou gedig aanwys.
2. Die uitleg van jou gedig kan ook die vorm aanneem van ‘n voorwerp van jou gedig, in hierdie geval ‘n kersboom.
3. Elke vierde versreël moet uit ‘n enkele woord bestaan wat ook dien as ‘n kort samevatting van jou gedig.
4. Die gedig moet nie meer as 20 versreëls bevat nie.
5. Die volgende elemente van digkuns moet toegepas word nl: Alliterasie, assonasie, litotes, repetisie en binnerym. Enige digkuns kan bygevoeg word om die gedig uniek te maak.

Kersfees onthoutjies (Opdrag 8)

Kersfees
en goeie onthou’s
raak rakelings aan rooi
soet
fraai laggies wat klank met
eggo’s van plesier wat tooi
en
sowaar trots en breë bors blom
onderdeur vervloë en vergete
naskrifte
toe kersfees kersfees was met lag en
houers vol goed sonder seer verweer
onder
uitgewaste toe’s en nou’s en gister se wou’s
toe geskenke heimnisvol en liefdevol
jou
innig voel kon laat blom
en woorde kon afdruk op jou
selfbeeld

©Cornien Naudé
30/08/2018




TEMAS
10 Kommentaar
  1. Loretta Szikra

    31 Augustus 2018

    En dis presies hoe Kersfees moet wees. Knao werk.

  2. Driekie

    31 Augustus 2018

    Hierdie is regtig briljant, baie goed gedink hier.

    • Cornien

      31 Augustus 2018

      Driekie baie dankie vir hierdie “briljante”kommentaar, ha ha, dankie baie!

  3. Anze

    31 Augustus 2018

    Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie

  4. Elroux

    31 Augustus 2018

    Uitstaande skepping Cornien

  5. Callie Vermeulen

    31 Augustus 2018

    Werklik ‘n pragtige skepping Cornien. Ek hou baie daarvan.

    • Cornien

      31 Augustus 2018

      Dankie Callie, ek is nou nie so slim soos julle met die afrikaanse taal nie, maar ek probeer hom druk tot hy voel!:-)

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 127
Kommentaar telling: 86

Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale