Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: kekkelbek

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 Aantal woorde: 101 116 Kere gelees 2

kekkelbek is terug
soos hy die hark swaai
so saai hy woorde uit sy bek
kwinkslae links en kwinkslae regs
van die a en c tot die dee pee ontgeld
van vanoggend tot vanmiddag saai hy uit
vorder hy met sy werk of los hy probleme op
nouja – net hy sal weet, want die wêreld weet
hy probeer hard aan almal alles te verduidelik
sy taal is krom en sy bek-trek skeef
sy oorpak blink gepars en styf
net sy lippe wapper in wind
wat hy met asemstote
in en uit blaas
op die maat
van kaapse
afrikaans

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 933
Kommentaar telling: 129

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 334 gaste aanlyn

Bydrae Totale