Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: *KAWAH

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 21 Mei 2019 Aantal woorde: 69 498 Kere gelees 2

ek het vir jou gewag –
teen skemering
granate en kalmoese oopgebreek,
en met die vlam van liefde,
vir ons kerse aangesteek

jou oë is soos duiwe
deur my venster raam –
ek wil dit oopmaak
en versigtig innig gaan

ek lê my in jou arm –
die holte waar ek pas,
jou liggaam is naby, warm
– ons saamwees hou my vas

MCDb.

* om in afwagting te wag




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    21 Mei 2019

    Puik gedig!!!… jy mag maar…

  2. Margaret Cordier

    21 Mei 2019

    Baie dankie Anzé ……waardeer !

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 18

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale