Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Winter nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)

Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder simpatie, blaarlose bome en vaal dooie gras.
In hierdie projek wil ons sien of die deelnemende digters / skrywers ‘n gemoedsverandering kan beskryf tussen die doodsheid van winter en die nostalgiese voor-die-vuur herinneringe wat ‘n wintersamesyn kan bring.

Die gedigvorm is vry, en geen spesifieke rympatroon word benodig nie, maar die moderators sou wou sien hoe die skrywer/digter die leser lei vanuit ‘n emosionele vaalwinter na die wonders van samesyn.

‘n Kort voorbeeld volg:

Onder die vaal gras
van hierdie winter
lê die ver wees van jou…

helaas nooi die tortel,
met haar koer

ons om weer hier te wees
saam; voor ons vuur.

Dit is ‘n baie eenvoudige voorbeeld maar hoop dat dit die idee sal weergee.

Rinkink in Afrikaans…dis altyd ‘n goeie ding.
Projekbestuurder.

Winter wasem

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2016 7

vensterbank gevlok vol sneeu
op ‘n bitter koue, donker nag
die maan is wreed en die wind
kerf met tweelem brute krag
wildeganse vlieg gou suid
ontsnap uit winterkloue uit

boomtakke silhoeët teen horison
as hul kreunend krimp en kraak
met die hemel grysgrou geskets
sterre gevries aan wolkewand
hoendervleis en klappertand
in sout pupil ‘n traan ge-êts

wanneer vlamme kromtrek
flikkerbeelde…

Projek – Winter-nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)

Deur Datum gepubliseer: 1 Junie 2016 11

Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 18 gaste aanlyn

Bydrae Totale