Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Winter nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)

Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder simpatie, blaarlose bome en vaal dooie gras.
In hierdie projek wil ons sien of die deelnemende digters / skrywers ‘n gemoedsverandering kan beskryf tussen die doodsheid van winter en die nostalgiese voor-die-vuur herinneringe wat ‘n wintersamesyn kan bring.

Die gedigvorm is vry, en geen spesifieke rympatroon word benodig nie, maar die moderators sou wou sien hoe die skrywer/digter die leser lei vanuit ‘n emosionele vaalwinter na die wonders van samesyn.

‘n Kort voorbeeld volg:

Onder die vaal gras
van hierdie winter
lê die ver wees van jou…

helaas nooi die tortel,
met haar koer

ons om weer hier te wees
saam; voor ons vuur.

Dit is ‘n baie eenvoudige voorbeeld maar hoop dat dit die idee sal weergee.

Rinkink in Afrikaans…dis altyd ‘n goeie ding.
Projekbestuurder.

~ Daar is somer in jou winter ~

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2016 5

Soms verval ek in wanhoopsure as ek
deur ongure weer moet beur
om by jou uit te kom.
Steeds doen ek dit.

As ek by jou is
kan ek kruisbeen teen jou bors opkrul,
my verwarm teen somer wat permanent
in jou nek en hande gesetel is,
waarmee…

Grensoorlogstorie: Gesteelde tyd

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2016 7

Soms sit, of staan, of loop of lê ek … en soms doen ek dit terwyl ek oor goeters dink. So kan ek seker al ’n boek vol maak met al die gedagtes wat in my bewussyn rondseil terwyl ek stort. Met seker nog ’n boek wat lewe kan…

Halfpad- ‘n storie oor die middeljare

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2016 6

Halfpad
Agt en veertig jaar gelede
was ek in die wêreld gebore.
‘n Duisend, tien duisend myle
het ek rondgeloop,
deur winter grys en groen tye
waar gras groei en dood
waar die sandpad vleg
en mens sink en brou.
In ‘n vergeefse soeke
na die werklike lewe,

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 27 gaste aanlyn

Bydrae Totale