Jongste aktiwiteit:

ProjekteWinter nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)

Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder simpatie, blaarlose bome en vaal dooie gras.
In hierdie projek wil ons sien of die deelnemende digters / skrywers ‘n gemoedsverandering kan beskryf tussen die doodsheid van winter en die nostalgiese voor-die-vuur herinneringe wat ‘n wintersamesyn kan bring.

Die gedigvorm is vry, en geen spesifieke rympatroon word benodig nie, maar die moderators sou wou sien hoe die skrywer/digter die leser lei vanuit ‘n emosionele vaalwinter na die wonders van samesyn.

‘n Kort voorbeeld volg:

Onder die vaal gras
van hierdie winter
lê die ver wees van jou…

helaas nooi die tortel,
met haar koer

ons om weer hier te wees
saam; voor ons vuur.

Dit is ‘n baie eenvoudige voorbeeld maar hoop dat dit die idee sal weergee.

Rinkink in Afrikaans…dis altyd ‘n goeie ding.
Projekbestuurder.

Hier sit ek… vinger verkluimd, verkreukeld verkrom en streel die sagte rekenaar knoppies – soekend na nostalgiese woorde, wyl liriese akkoorde blêr oor die koppies, dan – plotseling… voel my brein oud en dom. Gas warm bearbei die verwarmer die leemtes om my, wat sny- kou aan warm vlees… en probeer ys in stilte blom […]

Knus lê sy teen my been en spin haarself in ’n wêreld van katdrome. Die snorbaardjies spring-spring en haar voorpootjies ruk liggies. Haar majesteit is seker besig met ’n wandeling in ’n helder blommetuin waar vlinders en naaldekokers tartend ronddans. Ritmies beweeg die wolhaar lyfie soos sy die fyn asempie deur die nat neusie pers […]

Die laatmiddagson gooi goue strepies deur die venster. Marietjie lê alleen in die kamer en lees haar boek. Haar oë volg die lyntjies van links na regs, maar sy neem nie een enkele woord in nie. Haar aandag is by die stemme in die sitkamer op die onderste verdieping. Dit is ’n lang naweek. Marietjie […]

Halfpad Agt en veertig jaar gelede was ek in die wêreld gebore. ‘n Duisend, tien duisend myle het ek rondgeloop, deur winter grys en groen tye waar gras groei en dood waar die sandpad vleg en mens sink en brou. In ‘n vergeefse soeke na die werklike lewe, lees ons sielsboeke sing ons van trou, […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed