Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Winter nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)

Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder simpatie, blaarlose bome en vaal dooie gras.
In hierdie projek wil ons sien of die deelnemende digters / skrywers ‘n gemoedsverandering kan beskryf tussen die doodsheid van winter en die nostalgiese voor-die-vuur herinneringe wat ‘n wintersamesyn kan bring.

Die gedigvorm is vry, en geen spesifieke rympatroon word benodig nie, maar die moderators sou wou sien hoe die skrywer/digter die leser lei vanuit ‘n emosionele vaalwinter na die wonders van samesyn.

‘n Kort voorbeeld volg:

Onder die vaal gras
van hierdie winter
lê die ver wees van jou…

helaas nooi die tortel,
met haar koer

ons om weer hier te wees
saam; voor ons vuur.

Dit is ‘n baie eenvoudige voorbeeld maar hoop dat dit die idee sal weergee.

Rinkink in Afrikaans…dis altyd ‘n goeie ding.
Projekbestuurder.

ODE AAN DIE HERINNERING

Deur Datum gepubliseer: 10 July 2017 7

ODE AAN DIE HERINNERING

Soos ek hier voor my venster sit en droom,

en dis binne warm en buite ryp en sneeu,

daar hoor ek van die woud se donker soom

hoe die rawe kla en skreeu;

Dit koer nie soos die tortelduiwe,

dit gil en krys…

Wenners: Winter nostalgie projek

Deur Datum gepubliseer: 7 July 2016 13

Gedigte afdeling:

1. Viooltjie met Pappa rym is immer
2. Koekekranka met Lappies
3. Ammie moon met Kaneel en warm sjokelade

Verhale afdeling:

1.Helena Mellet met Koue hande warm liefde

Baie geluk aan hierdie 4 skrywers

Winter saligheid

Deur Datum gepubliseer: 30 June 2016 12

Hier sit ek… vinger verkluimd, verkreukeld verkrom
en streel die sagte rekenaar knoppies –
soekend na nostalgiese woorde,
wyl liriese akkoorde blêr oor die koppies,
dan – plotseling… voel my brein oud en dom.

Gas warm bearbei die verwarmer die leemtes
om my, wat sny- kou aan warm vlees…

Gebruikers Aanlyn

including 1 member, 62 guests online

Bydrae Totale