Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September – Lente projek

‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa.
Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut en opwindend kan wees.
Vir die digters:
1. Skryf ‘n gedig van nie meer as 16 reëls nie.
2. Die onderwerp is ‘Die lente’
3. Die titel MAG NIE ‘Die lente’ wees nie; maak jou eie opwindende en unieke titel.
4. Daar is GEEN rym reëls nie. Dit is totaal sonder voorskrif.
5. Die ‘lente’ moet gepersonifiseer word, asof dit ‘n persoonlikheid het. Ek gee hieronder ‘n voorbeeld.
6. Poog om ‘n neologisme (nuutskepping) in te sluit.

Vir die skrywers:
1. Skryf ‘n kort-kort verhaal (minder as 400 woorde) met die Lente as onderwerp. Probeer dit nuut en opwindend te maak en nie noodwendig ‘n ode aan die seisoen te skryf nie.
2. Spelling en leesteken reëls is BAIE BELANGRIK.

Voorbeeld vir die digters:

As ék die kleure oor jou skouers trek
in die hitte van ‘n midmiddag
sing die bye ‘n zoemmelodie
om die geur van hierdie blommeprag.

Let daarop dat ‘Lente’ as ‘n ‘persoon’ praat. Dit is wat personifikasie beteken.

Verras ons met jou uitsonderlike talent.
Woordgroete
Projekbestuurder

Guns

Deur Datum gepubliseer: 4 September 2017 7

Uit die stofwolk van die winter,
vaal van die verdroogde spriet wyl
Fynstof die kuns bemeester,
saam met Warrel die lug in te skiet.
Songessigie lag en speel
en sing ‘n nuwe lentelied.
Oor landskappe en grense heen
laat God Sy guns gebied.

Die Veldmuis

Deur Datum gepubliseer: 4 September 2017 6

‘n Yswind waai die droë gras en blare oor die bruin veld. Die hase hardloop en boks wanneer hulle mekaar se paaie kruis. Blou-grys tarentale wei in hul trop – die enigste kleur in die dorre gebied. ‘n Muis skarrel agter ‘n dorre boom in en hou als nuuskierig…

September 2017 projek – Lente

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2017 2

‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa.
Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 112 gaste aanlyn

Bydrae Totale