Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September – Lente projek

‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa.
Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut en opwindend kan wees.
Vir die digters:
1. Skryf ‘n gedig van nie meer as 16 reëls nie.
2. Die onderwerp is ‘Die lente’
3. Die titel MAG NIE ‘Die lente’ wees nie; maak jou eie opwindende en unieke titel.
4. Daar is GEEN rym reëls nie. Dit is totaal sonder voorskrif.
5. Die ‘lente’ moet gepersonifiseer word, asof dit ‘n persoonlikheid het. Ek gee hieronder ‘n voorbeeld.
6. Poog om ‘n neologisme (nuutskepping) in te sluit.

Vir die skrywers:
1. Skryf ‘n kort-kort verhaal (minder as 400 woorde) met die Lente as onderwerp. Probeer dit nuut en opwindend te maak en nie noodwendig ‘n ode aan die seisoen te skryf nie.
2. Spelling en leesteken reëls is BAIE BELANGRIK.

Voorbeeld vir die digters:

As ék die kleure oor jou skouers trek
in die hitte van ‘n midmiddag
sing die bye ‘n zoemmelodie
om die geur van hierdie blommeprag.

Let daarop dat ‘Lente’ as ‘n ‘persoon’ praat. Dit is wat personifikasie beteken.

Verras ons met jou uitsonderlike talent.
Woordgroete
Projekbestuurder

‘n Tyd om genadig te wees

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2017 4

Ek rangskik my witste wolke
bo jou blouste, blouste krans
en laat weer die tarentale
teen Durbanville se heuwels
vir jou dans …

verby die wingerdstok wat (appelgroen)
oor hoë priële vir jou loot,
deur boorde waar die bloeisels val
om uiteindelik te ontbloot –
hoe ek die perske- en amandelbome
(vol verwagting)
weer hul vrug
vir jou laat stoot.

© Carma…

SMAG EK NA SOMER

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2017 4

SMAG EK NA SOMER

vers 1
So smag ek, na al my drome
langs die koelste, water strome
lank het ek, vir jou gewag
lank het ek, na jou gesmag

vers 2
So smag ek, na al my drome
langs die koelste, water strome
onder wilgerbome, vir jou gewag
onder wilgerbome,…

Halfhartige poging om te blom

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2017 3

As my lente deur
jou winter kon dans
sal jy dalk verstaan dat ek
in kruispaaie dink en dwaal;
soms ook tussen lengte-
en/of breedtegrade
wat horisontaal en vertikaal
om my verval
omdat lyne
my vebyster en verbang
verkies ek om reguit lyne
tot ronde sirkels te vervorm;
dit…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 84 gaste aanlyn

Bydrae Totale