Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September – Lente projek

‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa.
Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut en opwindend kan wees.
Vir die digters:
1. Skryf ‘n gedig van nie meer as 16 reëls nie.
2. Die onderwerp is ‘Die lente’
3. Die titel MAG NIE ‘Die lente’ wees nie; maak jou eie opwindende en unieke titel.
4. Daar is GEEN rym reëls nie. Dit is totaal sonder voorskrif.
5. Die ‘lente’ moet gepersonifiseer word, asof dit ‘n persoonlikheid het. Ek gee hieronder ‘n voorbeeld.
6. Poog om ‘n neologisme (nuutskepping) in te sluit.

Vir die skrywers:
1. Skryf ‘n kort-kort verhaal (minder as 400 woorde) met die Lente as onderwerp. Probeer dit nuut en opwindend te maak en nie noodwendig ‘n ode aan die seisoen te skryf nie.
2. Spelling en leesteken reëls is BAIE BELANGRIK.

Voorbeeld vir die digters:

As ék die kleure oor jou skouers trek
in die hitte van ‘n midmiddag
sing die bye ‘n zoemmelodie
om die geur van hierdie blommeprag.

Let daarop dat ‘Lente’ as ‘n ‘persoon’ praat. Dit is wat personifikasie beteken.

Verras ons met jou uitsonderlike talent.
Woordgroete
Projekbestuurder

BLOM WAAR JY GEPLANT IS

Deur Datum gepubliseer: 12 November 2017 4

BLOM WAAR JY GEPLANT IS

Blom, waar jy geplant is
blom, waar jou drome is
blom, waar die son opkom
blomme, orals om my rond

Pers laventel, op die ope vlaktes
Pers lavental, dis waar ek wil wees
Pers laventel, slaan my asem weg
Pers laventel, se pers kombers

Blomme, bring die somer lente
Baie bly, die lente is…

Winterbreker (Lente projek September 2017)

Deur Datum gepubliseer: 18 October 2017 3

Ek is die opbreek van die koue
ná die stille wintergroei,
wat met wonderverf die groue
weer opnuut tot kleur laat bloei.

Ek trippel in my lente-skoentjies
agter verfkwas-feetjies aan;
verby die geur van rooi kalkoentjies
in die skemer van die maan.

En saggies trappend op die grassies
sny kaboutertjies my spoor
na die vaal vergeet-my-nietjies
om weer kleur in…

LENTE BLOEISELS

Deur Datum gepubliseer: 12 October 2017 5

LENTE BLOEISELS

Vers 1
Lente Bloeisels, lyk temooi
Lente Bloeisels, is mooi gestrooi
Saam, sal ons die somer vier
Somer son, is weer vinnig hier

Vers2
Lente Bloeisels, lyk temooi
Lente Bloeisels, is mooi gestrooi
Stap ek langs die blomme deur
Ryk die heerlike blomme geur

Ver3
Lente Bloeisels, lyk temooi
Lente Bloeisels, is mooi gestrooi
Sal my hart weer vreugde bring
Onder die…

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 92 guests online

Bydrae Totale