Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Skryfkompetisies van 2020 wat deur verskeie platforms aangebied word!

Deelname aan dig- en skryfkompetisies is ‘n manier vir digters en skrywers om blootstelling te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs ‘n prys los te slaan. Ons het dit goed gedink om ‘n lys saam te stel van alle relavante kompetises vir 2020. Hierdie lys sal op datum gebring word soos ons hoor van nuwe kompetisies.

INK Skryf in Afrikaans Digkompetisie 2020 (1 Maart 2020 tot 31 Julie 2020)

Skryf in vir enigeen van die 8 kategorieë van Ink Skryf in Afrikaans se digkompetisie. Inskrywings is onbeperk teen slegs R25 per inskrywing. Staan ‘n kans om tot en met R8 000 kontant te wen! Inskrywings word per e-pos gestuur aan skryfafrikaans@ink.org.za

Sluitingsdatum 31 Julie 2020

Lees hier meer

Kreatio en Groep 7 Drukkers 2020: Poësiekompetisie

Neem deel aan Kreatio se 2020-poësiekompetisie! Elke digter mag drie gedigte inskryf (een gedig per onderwerp).

Lees die kompetisiereëls en meer inligting hier

Die sluitingsdatum is 31 Maart 2020

Bloemfonteinse Skrywersvereniging – 2020 Skryfwedstryd

Die nuwe BSV-jaar is weer propvol hoogtepunte, met hul 50ste verjaardagvieringe een daarvan. Hul skop af met die jaarlikse Skryfwedstryd, sedert 1979 ‘n instelling waarna menige volbloed- en aspirant-skrywers uitsien. Die wedstryd, trots geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat die pos ontvang, beloof om weer ‘n goeie oes inskrywings en heerlike stories op te lewer.
So, as die familie jou begin frustreer en die sonbrand jou verhoed om jou neus by die deur uit te steek, laai gerus die wedstrydpamflet en inskrywingsvorm/s af en begin skryf!

BSV Skryfwedstrydpamflet 2020 Finaal
Inskrywingsvorm 2020 ope afdelings
Inskrywingsvorm 2020 Jnr & Snr

Die sluitingsdatum is 11 Mei.

Ingrid Jonker: L’ Art Poétique digkompetisie 2020

Stuur 3 gedigte aan: admin@minimalpress.co.za

Sluitingsdatum is 29 Februarie 2020

RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook ‘n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.

Sluitingsdatum: Gewoonlik einde Junie.

Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER

Afri-fiksie: Jaarliks

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.

Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Klik hier vir meer inligting

Citi Press-Tafelberg-niefiksieprys

Nuwe en gevestigde skrywers word genooi om voorleggings in te dien vir die City Press-Tafelberg-niefiksieprys, Suid-Afrika se grootste prys vir die ontwikkeling van niefiksiemanuskripte vir publikasie.
Die prys word tweejaarliks toegeken, met prysgeld van R120 000.
Hiermee word die tradisie voortgesit van niefiksie wat Suid-Afrikaanse werklikhede op ’n insiggewende manier interpreteer en uitbeeld, en stof tot nadenke bied. Die doel is om die wenner in staat te stel om navorsing te doen en ’n boek te skryf wat nuwe lig werp op ’n onderwerp van belang binne die Suid-Afrikaanse konteks, ongeag genre.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2020
Lees meer
Skryf so in

Lapa se Jeugboekkompetisie 2020

Lapa Uitgewers bied weer hulle jeugromankompetisie aan. Inskrywings moet oorspronklike werk wees, geskryf in Afrikaans, 30-70 000 woorde lank en gerig op 12-18-jariges. Geen onderwerpe of temas word voorgeskryf nie. Lees die inskrywingsbesonderhede aandagtig.
Kontantpryse: R50 000 in totaal.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2020.
Hou www.lapa.co.za dop vir inskrywingsvorms.

AVBOB-gedigtekompetisie
Stuur ‘n gedig in enige van ons 11 landstale met die tema “Ek wens ek het dit gesê” as riglyn. Vra jouself af of iemand wat ‘n persoonlike verlies gely het daardeur opgehef sal word en daarmee sal identifiseer. Die kompetisie loop tot 30 November 2020. Inskrywings open 1 Augustus.
Hoe om in te skryf

Poort-skryfkompetisie – jaarliks

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.
Die kompetisie vind jaarliks plaas.

Hou hul webtuiste dop vir inskrywingsvorms. Klik hier

NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd – 2021

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2012 was Ingrid Winterbach die wenner met Die aanspraak van lewende wesens en in 2015 Dan Sleigh, met sy roman 1795. Die debuutwenner was Anneli Groenewald met Die skaalmodel.
Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.
Die wedstrydreëls en inskrywingsvorm is aflaaibaar hier. Skrywers se navrae kan telefonies gerig word aan 021 406 3412 of per e-pos aan romanwedstryd@nb.co.za

Woordfees-kortverhaalbundel 2021

* Elke skrywer wie se verhaal in die bundel opgeneem word, ontvang R5 000.
* Die skrywer van die wenverhaal ontvang prysgeld ter waarde van R30 000.
* Daar sal ongeveer 25 verhale in die bundel gepubliseer word.
* Een verhaal word gekies vir verfilming vir die Silwerskermfees.
Slegs Afrikaanse kortverhale. Slegs een inskrywing van 1 500 tot 3 000 woorde per skrywer.
Slegs nuutgeskrewe verhale wat nog nie op enige platform gepubliseer is nie. Eie temas.

Sluitingsdatum: 30 September 2020

Kry meer inligting hier

Jammer, geen poste gevind wat met jou kriteria ooreenstem nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale