Jongste aktiwiteit:

ProjekteSeptember 2020 Liefdes-projek

Beste INKers

Hierdie maand ondersoek ons die Liefdesgedig/Liefde/Ode/Loflied.

Daar is geen verdere voorskrifte in enige van die afdelings nie behalwe dat dit voldoen aan die tema. (Liefde/Ode/Loflied)

GEDIGTE:

Skryf ‘n liefdesgedig/Ode. Dit hoef nie noodwendig aan ‘n ander persoon te wees nie. Wees kreatief. Geen verdere voorskrifte nie.

GORREL:

Praat gerus oor die liefde, en hoe dit jou daaglikse bestaan beïnvloed.
Geen voorskrifte aangaande lengte nie. Gee wel jou woordtelling aan.

RUBRIEK:

Filosofeer oor die “koste” van liefde al dan nie.

ARTIKEL:

Speel die teenwoordigheid of die gebrek aan liefde ‘n rol in die fisiese gesondheid van die mens? Bespreek dit in “n goed nagevorsde artikel.

VERHAAL:

Skryf ‘n liefdesverhaal. Dink uit die boks.
Dit klink makliker as wat dit werklik is. Waak teen sentimentaliteit en soetsappigheid. Ondersoek nuwe woorde en beelde.

Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed