Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2020 Liefdes-projek

Beste INKers

Hierdie maand ondersoek ons die Liefdesgedig/Liefde/Ode/Loflied.

Daar is geen verdere voorskrifte in enige van die afdelings nie behalwe dat dit voldoen aan die tema. (Liefde/Ode/Loflied)

GEDIGTE:

Skryf ‘n liefdesgedig/Ode. Dit hoef nie noodwendig aan ‘n ander persoon te wees nie. Wees kreatief. Geen verdere voorskrifte nie.

GORREL:

Praat gerus oor die liefde, en hoe dit jou daaglikse bestaan beïnvloed.
Geen voorskrifte aangaande lengte nie. Gee wel jou woordtelling aan.

RUBRIEK:

Filosofeer oor die “koste” van liefde al dan nie.

ARTIKEL:

Speel die teenwoordigheid of die gebrek aan liefde ‘n rol in die fisiese gesondheid van die mens? Bespreek dit in “n goed nagevorsde artikel.

VERHAAL:

Skryf ‘n liefdesverhaal. Dink uit die boks.
Dit klink makliker as wat dit werklik is. Waak teen sentimentaliteit en soetsappigheid. Ondersoek nuwe woorde en beelde.

Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

September 2020 – Liefdesprojek uitslae en kommentaar

Deur Datum gepubliseer: 11 November 2020 Hou van

Kommentaar en uitslae

WENNERS:

Gedigte:

Goud:
1. No. 21 Anzé Bezuidenhout met Jy is my vrede
2. No. 26 Caren Kearley met Ek wil lewe
3. No. 27 Caren Kearley met Metafoormens

Silwer:
1. No. 2 Morné du Preez met ‘n Tangodroom van Turkye
2. No. 14 & 15 Barbara Smit met Liefde & Amanda De Meillon met…

WAT IS DIT?

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2020 3

WAT IS DIT?
(Brons)

‘n Ma smeer altyd bietjie spoegies aan haar kind se wonde. Boonop gee sy haar liggaam en haar tyd vier-en-twintig-sewe vir hulle op. Sy leen ‘n oor aan haar man se geselsies, of soms selfs die gekerm of kla. Haar vrinne dié sien haar ook soms….

Die prys van die liefde. (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2020 4

Die prys van die liefde.

As ek so sit en dink aan die liefde, wonder ek of outydse liefdesverhale nie net soetsappige snert was nie. Daardie soort verhale waar paartjies verlief geraak het, maar dan gebeur daar iets wat die verliefdes uitmekaar hou en dan voila! kom hulle weer bymekaar…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 60 gaste aanlyn

Bydrae Totale