Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2019 projek – Lente (Verplasing)

‘n Nuwe seisoen het aangebreek! Daar is altyd hoop – maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie.

Die deurlopende tema vir September se projek is as volg:

1. Jou skryfstuk moet nuwe lewe suggereer (suggereer: iets word nie direk gestel nie).

2. Jou skryfstuk moet in die styl van ‘n VERPLASING geskryf word (verplasing: in iemand anders se skoene; spreek namens daardie persoon).

3. Kies enige persoon (dit kan ‘n bekende, ‘n Bybelfiguur of ‘n fiktiewe karakter wees) wat jou inspireer om na nuwe hoop en lewe te streef.

• Gedigte:
Nie langer as 20 versreëls nie.

• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.

Laat ons dan ook tydens die lente ‘n inspirasie deur ons skryfwerk wees!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Ontwaken

Deur Datum gepubliseer: 20 September 2019 1

Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet.
Gaan stap…

GEWAARBORG.

Deur Datum gepubliseer: 19 September 2019 Hou van

Dis net ’n paar weke gelede dat almal oor die koue gekerm het. Bibberend en bewend en kletter-tand.

En nou is dit lente. Daar is vonkel in die oë, huppel in die stap. Vroumense jeuk om te skrop en poleer. Almal het nuwe lewe, nuwe energie, nuwe lus. Selfs nuwe…

Verwagting; Waar die hotnotsvye blom (ʼn verplasing)

Deur Datum gepubliseer: 19 September 2019 Hou van

Agter rooikoperduine
waar hotnotsvye purper blom;
lek ék Erebus my wonde
terwyl ʼn nuwe dag triomfanklik
uit die aarde se uterus
in ʼn oranjerooi songloed verskyn.

*Erebus – Griekse mitologie; God van duisternis, seun van Chaos

©Loretta Szikra
20190919

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale