Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2019 projek – Lente (Verplasing)

‘n Nuwe seisoen het aangebreek! Daar is altyd hoop – maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie.

Die deurlopende tema vir September se projek is as volg:

1. Jou skryfstuk moet nuwe lewe suggereer (suggereer: iets word nie direk gestel nie).

2. Jou skryfstuk moet in die styl van ‘n VERPLASING geskryf word (verplasing: in iemand anders se skoene; spreek namens daardie persoon).

3. Kies enige persoon (dit kan ‘n bekende, ‘n Bybelfiguur of ‘n fiktiewe karakter wees) wat jou inspireer om na nuwe hoop en lewe te streef.

• Gedigte:
Nie langer as 20 versreëls nie.

• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.

Laat ons dan ook tydens die lente ‘n inspirasie deur ons skryfwerk wees!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Plasentaplagiaat

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2019 2

Skommelsee, skeurende sluise in vloed;
louwarm spartelasem en bloed.
‘n Helse vuur; vlammende pyn,
kom en gaan en kom en gaan en dan verdwyn

Soos ‘n wildsbok in ‘n jagtersstrik
spartelend na sy vryheid wik;
word in barensnood verlig verlos
lewend gewend liefdes tokos.

In embriogekrulde staat
pleeg jy plasentaplagiaat.
Uit…

Berou na die lente.

Deur Datum gepubliseer: 24 September 2019 Hou van

Hoekom? Niemand weet nie, maar een jaar in die lente, toe al die konings die slagveld betree het om hulle gevegte te veg, was Dawid nie saam nie.

Een aand stap hy verveeld op sy daktuin rond. Hy kyk op omliggende huise neer en gewaar ’n vrou oorkant die straat….

Tannie Sakkie Pampoene (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 23 September 2019 3

Tannie Sakkie het op ‘n plaas buite Wepener geboer. Sy was alom bekend vir haar pampoene. Ongelukkig nie die stroopsoet Hubbard-pampoene wat sy produseer het nie.
Tannie Sakkie was soos soveel ander Afrikaner vroue die slagoffer van eersgebore benaming – aan Oupa se kant. Gedoop Isak Florence Koekemoer, agter…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale