Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2019 projek – Lente (Verplasing)

‘n Nuwe seisoen het aangebreek! Daar is altyd hoop – maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie.

Die deurlopende tema vir September se projek is as volg:

1. Jou skryfstuk moet nuwe lewe suggereer (suggereer: iets word nie direk gestel nie).

2. Jou skryfstuk moet in die styl van ‘n VERPLASING geskryf word (verplasing: in iemand anders se skoene; spreek namens daardie persoon).

3. Kies enige persoon (dit kan ‘n bekende, ‘n Bybelfiguur of ‘n fiktiewe karakter wees) wat jou inspireer om na nuwe hoop en lewe te streef.

• Gedigte:
Nie langer as 20 versreëls nie.

• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.

Laat ons dan ook tydens die lente ‘n inspirasie deur ons skryfwerk wees!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Pastoriekind

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2019 1

Die kerkklok lui 07:45. “Lanie wil hê ons moet oor ‘n uur in die kerk wees,” sê Mamma van Rooyen. Teen 08:30, ‘n halfuur voor kerk, is al vier van die gesin aangetrek, gevoed en prim en proppers vir die erediens – en dit sonder n gedreig en n…

Gekreukelde bladsye

Deur Datum gepubliseer: 26 September 2019 Hou van

Dit is ‘n heerlike sonskyn oggend, Tanya is besig om buite in haar tuin rond te wandel. Sy gaan sit op die bankie, en kyk hoe haar kat ‘n skoenlapper probeer vang. Later gee sy ma die stryd gewonne en krul haar op langs Tanya.

“Ja Maraai, dis…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 120 gaste aanlyn

Bydrae Totale