Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2018 projek – Spyse vir die siel

Beste INKers

Ons gaan hierdie September tradisie breek en nie lente vier nie, maar gaan ‘n Engelse Sonnet aanpak met die tema: “Spyse vir die siel”

Opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig met die bostaande tema. Wees uniek, vars en treffend. Die sonnet, tipografies en rymskema gaan STRENG gemerk word.

Vir inligting:

” Engelse / ShakespearSonnet
(14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)
Hierdie digvorm het 14 versreëls .
Die beskrywing word geplaas in reëls 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in reëls 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.

Verhaalskrywers:
Skryf ‘n verhaal in minder as 800 woorde met dieselfde onderliggende tema.(Spyse vir die siel)

Rubriek en gorrelskrywers:
Skryf ‘n interessante rubriek oor wat die deurslag mens kan doen om die siel, soos die liggaam, te voed. Wees kreatief en waak teen geykte aanslagte.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Kaneel-suiker vir die siel

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2018 3

‘n Tydjie gelede hou ek ‘n ouerige dame dop wat skuins voor ons in die vliegtuig sit. Dit lyk asof sy definitief aan die regte kant van die spoorlyn, daar doer op die bult, gebore is. Haar hare is mooi versorg en haar klere is opsigtelik duur. Die juwele…

Drome word waar

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2018 3

Onverwags kry Willemien ‘n oproep van ‘n ou bekende vriend, sy is so opgewonde sy kan skaars behoorlik praat op die cellfoon . “Hi Shaun, wat ‘n verrassing om weer van jou te hoor. Net nou die dag sit ek en wonder hoe gaan dit nog met…

’n Storie uit Donkerbos

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2018 4

In Donkerbos, so omstreeks middernag
(geklee in ’n tutu van wit satyn)
het ’n feekind met ’n vrolike lag
in ’n ou kalander se mik verskyn.

Die maan het sy in haar palms gehou
en met kale voet, op haar toontjies fraai
(onder ’n hemel wat indigoblou)
gewals, ballet en…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 64 gaste aanlyn

Bydrae Totale