Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2018 projek – Spyse vir die siel

Beste INKers

Ons gaan hierdie September tradisie breek en nie lente vier nie, maar gaan ‘n Engelse Sonnet aanpak met die tema: “Spyse vir die siel”

Opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig met die bostaande tema. Wees uniek, vars en treffend. Die sonnet, tipografies en rymskema gaan STRENG gemerk word.

Vir inligting:

” Engelse / ShakespearSonnet
(14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)
Hierdie digvorm het 14 versreëls .
Die beskrywing word geplaas in reëls 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in reëls 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.

Verhaalskrywers:
Skryf ‘n verhaal in minder as 800 woorde met dieselfde onderliggende tema.(Spyse vir die siel)

Rubriek en gorrelskrywers:
Skryf ‘n interessante rubriek oor wat die deurslag mens kan doen om die siel, soos die liggaam, te voed. Wees kreatief en waak teen geykte aanslagte.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef.
Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Showville

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2018 2

(goud)

Showville

Bethulie kry vanaand sommer lewe –
dis Showville in die middel van die jaar;
die dorpsaal se dak en mure bewe
met heel die distrik se mense bymekaar.

Die poets en sangers, almal staan ’n kans,
maar rappers rap verbete – hulle spook,
want vyf man kap dit uit met…

Alles het Hy gelos

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2018 2

Alles het Hy gelos

Geen weermag het Hy saamgebring
om vir Hom die pad te wys
geen engele het Sy lof besing
of saamgekom om Hom te prys

geen goud of geld was op Hom
Hy was oor niks besorg
Hy het met leë hande gekom
wetend dat Sy Vader vir Hom sal staan as borg

so arm…

Troos en soet

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2018 2

Geluk is nie net geskenkpakkies
dit is die geskenk wat jy vir ander is!
soms het die lewe gebreekte takkies
maar dit verander nie ‘n boom in ‘n jelly vis

Daar is niks wat die rustigheid en vrede,
van ‘n rivier steur
dit is ‘n sielerus wat oor jou spoel
om ‘n sonsondergang te waardeer
die woordeboek…

Gebruikers Aanlyn

including 0 member, 109 guests online

Bydrae Totale