Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek – Teenstellings (1 Mei 2016 – 31 Mei 2016)

Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde.
Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv:

‘As die donker swaar en grof sleep
waar voete min en waaksaam loop –
soos tande knaag aan die swaar siel
wat die lentegeur en flikkermooi
van die lig verloor het…’

Wees mooi beskrywend en daag uself uit om die emosies van die teenstellings te verwoord.

INK weet sommer dat u hierdie uitdaging gaan omarm en almal is opgewonde om te sien watter pragwerk hieruit gaan voortspruit.

Doen Afrikaans goed, skryf jou hart in INK!
Projekbestuur.

Die mantel in my rigting …

Deur Datum gepubliseer: 9 Mei 2016 10

eers toe trane wat oor my wange stroom
my hande koud-nat laat raak
besef ek dat die soen op my wang
seerder as ‘n klap in my gesig maak

maar jou koue harde rug
was onverbiddellik op my gedraai
en die mantel het sonder ophou
in my rigting…

Dan dink sy terug aan hom

Deur Datum gepubliseer: 8 Mei 2016 6

As ysbere tango-trippel
oor kontoere van haar tenger lyf
en winterswind weemoed
deur haar hartmuur ranke
gewaar sy die skroeivlam
deur groen-oog aangevuur
diep in sy binneste brand

Wanneer souttraan biggel
in haar seerkind se pupil
vrae tolbos na haar toe rol
sy stukkend stom starend
luister…

Die vrug van jou skoot

Deur Datum gepubliseer: 7 Mei 2016 10

Mamma, toe ek klein was
was ek soos bloeisels vir jou oë
ragfyn sag en kneusbaar broos
in perskepienk en appelkoosblomwit
wat ontbloot aan naakte takke sit
swanger aan belofte
lentegeur en hoop.

*

Mamma, hier in Meimaand
hang my perskeboom se blare
so herfsdor aan hul…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydraes – Argief