Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek – Teenstellings (1 Mei 2016 – 31 Mei 2016)

Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde.
Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv:

‘As die donker swaar en grof sleep
waar voete min en waaksaam loop –
soos tande knaag aan die swaar siel
wat die lentegeur en flikkermooi
van die lig verloor het…’

Wees mooi beskrywend en daag uself uit om die emosies van die teenstellings te verwoord.

INK weet sommer dat u hierdie uitdaging gaan omarm en almal is opgewonde om te sien watter pragwerk hieruit gaan voortspruit.

Doen Afrikaans goed, skryf jou hart in INK!
Projekbestuur.

DROME

Deur Datum gepubliseer: 18 Mei 2016 10

DROME

Jou droom is dood.
Jou ideaal tot niet.
Jy is verpletter
en verslaan.

Al wat ‘n deur is,
het net toegegaan!
Jy duisel teen ‘n muur.
Daar’t niks meer oorgebly –
geen poort wat na vervulling lei.

Maak oop jou oë. Kyk om jou
rond. Daar êrens in die
duisternis is nog
‘n skrefie
lig.

Gaan
soek die lig,
gaan soek. Jy sal dit vind:
‘n…

’n Verhaal op elke gesig

Deur Datum gepubliseer: 18 Mei 2016 11

“Die gesiggies in hierdie deel van die dorp is darem maar iets om na te kyk,” sê ek en my kollega vir mekaar, so amper uit een asem, terwyl ons by ons prokurower se kantoor uitstap. Die skoon vars goed geklede vriendelikheid wat agter elke lessenaar en ontvangstoonbank…

SUID

Deur Datum gepubliseer: 17 Mei 2016 9

Suid

Hier sekel Bolandberge, hier groei varings teen ‘n kop
maar elders – waar hul vry voel – raak zebras
weg oor rante onder dawerend’ galop.
Die gompou en die korhaan skarrel tussen gras
benee die Kgalagadi hemel hoog daarbo.
Teen die middag brand elk…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 95 gaste aanlyn

Bydraes – Argief