Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek – Teenstellings (1 Mei 2016 – 31 Mei 2016)

Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde.
Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv:

‘As die donker swaar en grof sleep
waar voete min en waaksaam loop –
soos tande knaag aan die swaar siel
wat die lentegeur en flikkermooi
van die lig verloor het…’

Wees mooi beskrywend en daag uself uit om die emosies van die teenstellings te verwoord.

INK weet sommer dat u hierdie uitdaging gaan omarm en almal is opgewonde om te sien watter pragwerk hieruit gaan voortspruit.

Doen Afrikaans goed, skryf jou hart in INK!
Projekbestuur.

Anze.

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2016 9

Daar was weer blydskap om te verneem dat daar ʼn nuwe blad die lig gesien het, nadat soveel van die ou lede op ʼn vorige blad ʼn insinking in hul skrywerswêreld moes konfronteer. Die vure van hoop het weer hoog begin brand. Daar’s altyd die gevreesde ‘maar’. Ek neem…

Waar is hulle… Kan jy die voëls hoor?

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2016 9

Die afgelope tyd het hierdie gedig en die pad soontoe weer woelig kom kuier…

Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand
Hennie Fritz
[2014-02-19]

Kom ons kyk vir die voëls,
in die lang doringtakke,
die digte plante, bosse,
kossoekend op die grond.

Dis vroegaandtyd
en moeder…

Ma se lag en pyn

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2016 8

My ma se lag
is die sonsopkoms
wat die donkerte
In my verdryf.
Haar gebede dra my
soos ’n suigeling
aan haar lyf,
haar trane reinig my,
haar liedere genees
my verwonde gees.
Wanneer sy eendag
Oud en afgeleef verhuis,
Sal sy met blydskap
Op my koms daar wag.

© Wilhelmina Potgieter

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale