Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek – Teenstellings (1 Mei 2016 – 31 Mei 2016)

Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde.
Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv:

‘As die donker swaar en grof sleep
waar voete min en waaksaam loop –
soos tande knaag aan die swaar siel
wat die lentegeur en flikkermooi
van die lig verloor het…’

Wees mooi beskrywend en daag uself uit om die emosies van die teenstellings te verwoord.

INK weet sommer dat u hierdie uitdaging gaan omarm en almal is opgewonde om te sien watter pragwerk hieruit gaan voortspruit.

Doen Afrikaans goed, skryf jou hart in INK!
Projekbestuur.

Insomnia

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2016 14

Ek verdwaal
in wakker
en soek slaap
te vergeefs.

Uil se knip
ontwyk my,
ek hoor
hoe-hoe
hy luister
na my kop
wat raas
en met dag
breek
net fluister

Fyn lyn

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2016 9

In Ebbe swart wieg die silhouette teen die witlig geëts
op die maat van ’n stormwind wat siele laat bedaar.
Wyl harte aan die oorlog veg om vrede,
klou dwase hande van nou vas aan die verlede.
Die silhouete dans van winter na somer
en verander die nugter in…

Saphira die Spoorsnyer

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2016 12

Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe.

Saphira stop skielik. Sy haal…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 32 gaste aanlyn

Bydrae Totale