Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek – Teenstellings (1 Mei 2016 – 31 Mei 2016)

Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde.
Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv:

‘As die donker swaar en grof sleep
waar voete min en waaksaam loop –
soos tande knaag aan die swaar siel
wat die lentegeur en flikkermooi
van die lig verloor het…’

Wees mooi beskrywend en daag uself uit om die emosies van die teenstellings te verwoord.

INK weet sommer dat u hierdie uitdaging gaan omarm en almal is opgewonde om te sien watter pragwerk hieruit gaan voortspruit.

Doen Afrikaans goed, skryf jou hart in INK!
Projekbestuur.

Waarheid dra tog gewig.

Deur Datum gepubliseer: 31 May 2016 14

So kom vriende en so gaan hulle ook sonder baie redes. Reg in die fleur van hul huwelik droom elkeen vir daardie spesiale lewegewende geskenkie. Soos die jare ook aanskuif bly niks meer in hul plek.
Een aand word ek en my vrou genooi vir ʼn aandete want dit is…

Liewe wêreld!

Deur Datum gepubliseer: 31 May 2016 12

Vandag verloor ek nie my hoop. Ja daar is baie hartseer dinge wat ʼn mens woedend maak, maar dit laat my nie voel om hoop te verloor. Ek is geneig om te glo dat ons as ‘n samelewing sterker is as wat jy dink. Kyk na die res van…

Digter – leen my jou pen vanaand

Deur Datum gepubliseer: 31 May 2016 13

Ag digter… gee my tog jou hart en jou pen vanaand…
want myne is leeg en o’ so droog, sonder lied – sonder woord,
leen my jou kennis van skryf sonder tierlantyn,
net die mooi wat die hart kan roer soos dit hoort.

Laat ek tog hierdie bitter en seer brand
hier onder die…

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 94 guests online

Bydrae Totale