Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek: Liefde vir Afrikaans (01-08-2016 tot 31-08-2016)

Die onderwerp hierdie maand is: Liefde vir my taal.

Hierdie maand se projek het ´n baie belangrike element daaraan gekoppel. Een van die wenners in die kategorieë se inskrywing sal tydens die gala-aand voorgelees word. Daarom moedig ons jou aan om hieraan deel te neem.

Die projek is totaal vry en oop. Daar is geen reëls rakende die styl, die lengte, die titel of die rympatroon (by gedigte) nie. Solank die moderator duidelik kan sien dat jy jou liefde vir Afrikaans verwoord, sal jou inskrywing geslaagd wees.

Ons vertrou elke lid sal hieraan deelneem en skrywersharte sal die blaaie versier met die liefde vir Afrikaans.

Skryf in Afrikaans, dit is ´n goeie ding.
PROJEKBESTUUR

Kleurvolle Josefskleed

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2016 6

Ek is een van die Evasvolk
wat bidblind broos
deur emosies kolk
soos wanneer die son
wil kartelbreek ook horison
dan tuimel ongebruikte
alfabetletters
in bont stiltes oor die
oewers van my praat

Hier hang ek verskeurde
lanferlappe van
anglisismes;
met engels bevlek
aan die winkelhak van
Afrikaanse genade
koop so ‘n nuwe vrede

Vreugdevol klee ek
myself met die HAT
en spelreëls van welleer
dan dans die…

Nimmereindigend

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2016 5

Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet.

Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit…

Liewe Dagboek

Deur Datum gepubliseer: 27 Augustus 2016 42

Liewe Dagboek,

Dis al weer net ek, Zoey. Ek het nooit besef hoe baie taal beteken nie. Nie net die taal waarin jy gebore is nie, maar ook die taal van die mense om jou. Rosina het my bewus gemaak van die belangrikheid van taal. Haar begrafnis gister het dit…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 43 gaste aanlyn

Bydrae Totale