Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek: Liefde vir Afrikaans (01-08-2016 tot 31-08-2016)

Die onderwerp hierdie maand is: Liefde vir my taal.

Hierdie maand se projek het ´n baie belangrike element daaraan gekoppel. Een van die wenners in die kategorieë se inskrywing sal tydens die gala-aand voorgelees word. Daarom moedig ons jou aan om hieraan deel te neem.

Die projek is totaal vry en oop. Daar is geen reëls rakende die styl, die lengte, die titel of die rympatroon (by gedigte) nie. Solank die moderator duidelik kan sien dat jy jou liefde vir Afrikaans verwoord, sal jou inskrywing geslaagd wees.

Ons vertrou elke lid sal hieraan deelneem en skrywersharte sal die blaaie versier met die liefde vir Afrikaans.

Skryf in Afrikaans, dit is ´n goeie ding.
PROJEKBESTUUR

Lentedag-ode aan Arno

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2016 14

Lentedag-ode aan Arno

Ek het iewers oor vele jare my gawe van woorde verloor. Dinsdagaand in ‘n swetende stadsaal in die Strand besef ek dit eers toe Jak de Priester se woorde so mooi sing en iewers in my siel weerklink.

Weliswaar wou my honger maag fikseer op die wit bakkie…

Neuriënd sing die winterwind.

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2016 14

Tula- Tula- sit stil my Babani
onvoorspelbaar hang die onheil by Amatola
maar stil sit wil die wit Pikanienie
die verspieders had nie tyd vir Amakeia

onvoorspelbaar hang die onheil by Amatola
die assegaai lemme blink in die son al flitsend
die verspieders had nie tyd vir Amakeia
wie…

Ek ken ‘n taal

Deur Datum gepubliseer: 30 Augustus 2016 8

Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat van ver af kom
– onwetend – oor ‘n blou oseaan
om haar vlag te plant op ‘n suiderstrand
en toe wankelend in wording moes staan.

Ek’t het gehoor daar’s ‘n taal wat gewortel is
in die aarde, soos die stam van Kambro
wat dialek in Kaaps en Namakwa
en…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 42 gaste aanlyn

Bydrae Totale