Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek: Liefde vir Afrikaans (01-08-2016 tot 31-08-2016)

Die onderwerp hierdie maand is: Liefde vir my taal.

Hierdie maand se projek het ´n baie belangrike element daaraan gekoppel. Een van die wenners in die kategorieë se inskrywing sal tydens die gala-aand voorgelees word. Daarom moedig ons jou aan om hieraan deel te neem.

Die projek is totaal vry en oop. Daar is geen reëls rakende die styl, die lengte, die titel of die rympatroon (by gedigte) nie. Solank die moderator duidelik kan sien dat jy jou liefde vir Afrikaans verwoord, sal jou inskrywing geslaagd wees.

Ons vertrou elke lid sal hieraan deelneem en skrywersharte sal die blaaie versier met die liefde vir Afrikaans.

Skryf in Afrikaans, dit is ´n goeie ding.
PROJEKBESTUUR

Wenners van die Liefde vir Afrikaans projek

Deur Datum gepubliseer: 5 September 2016 8

Gedigte afdeling:

1.DEEL – Mariska Smit met Penastrofie EN Viooltjie met Ek ken ‘n taal
2.DEEL – Anzé Bezuidenhout met Kleurvolle Josefskleed EN Cornien met My trots my taal
3. Agie met Hartstaal

Rubrieke afdeling:

1.Vonnie met Sy huppel soos ‘n wafferse ballerina!

Verhale afdeling:

1.Adri A met Lentedag-ode aan Arno

Baie geluk aan hierdie 7 skrywers!

My trots, my taal… Afrikaans

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2016 17

Van moederskoot ken ek jou…
in kleutersang en troetel woord,
strompel jy hink-hink tot skoene groot.

My taal… Afrikaans, jy’s lieflik in klank,
hoe meer ek van jou leer, hoe meer wil ek weet,
so laat my toe om jou te ontleed.

Jou suiwer prag en praal is skaars
soos eeue…

Penastrofie

Deur Datum gepubliseer: 31 August 2016 10

Die taal wat my bors oop skeur
klief strategies en presies
om denke te dissekteer
met minimum ink verlies

Vasgespalt lê my hart
in frases wat allitereer
om sin te maak van smart
soos letters op lip vibreer

Rymende vers wat die hart ontsmet
rou rowe word in sinne droog
bloed…

Gebruikers Aanlyn

including 1 member, 65 guests online

Bydrae Totale