Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek – Lente (01-09-2016 tot 30-09-2016)

So breek vir ons almal nog ‘n lente aan. Die veld vibreer vinniger en die voëls sing asof hulle hul eie liedjies wéér getoonset het.
Dit is die mees omskryfde seisoen, maar dit ten spyt, wil ons hê dat die unieke skrywers van INK die projekblad besaai met die mooiste kleure, geure en vibrasies wat net Lente kan bring.

In regte egte Lente stemming is die PROJEK ‘n vrye uitdaging en kan die digter en die storiemaker vryeteuels neem en die wonder van lente besing.
Daar is geen reël oor styl, vorm, lengte, diksie, of rympatrone.

Besing die Lente!

Bekoor ons.
Projekbestuur

Projek – Lente (01-09-2016 TOT 30-09-2016)

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2016 13

So breek vir ons almal nog ‘n lente aan. Die veld vibreer vinniger en die voëls sing asof hulle hul eie liedjies wéér getoonset het.
Dit is die mees omskryfde seisoen, maar dit ten spyt, wil ons hê dat die unieke skrywers van INK die projekblad besaai met die…

LENTE IS HIER…

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2016 10

Heerlik glimlag die son vir ons,
so stralend op hierdie heerlike lente-dag.
Dit was verseker ‘n lang wag,
kom ons wees weer kind,
laat ons lekker in die son gons.

Lente is hier,
ja, dis verseker.
Kom ons wees weer kind,
gaan speel in die son.
Laat ons op hierdie…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale