Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Projek – Lente (01-09-2016 tot 30-09-2016)

So breek vir ons almal nog ‘n lente aan. Die veld vibreer vinniger en die voëls sing asof hulle hul eie liedjies wéér getoonset het.
Dit is die mees omskryfde seisoen, maar dit ten spyt, wil ons hê dat die unieke skrywers van INK die projekblad besaai met die mooiste kleure, geure en vibrasies wat net Lente kan bring.

In regte egte Lente stemming is die PROJEK ‘n vrye uitdaging en kan die digter en die storiemaker vryeteuels neem en die wonder van lente besing.
Daar is geen reël oor styl, vorm, lengte, diksie, of rympatrone.

Besing die Lente!

Bekoor ons.
Projekbestuur

Rose pienk en Jakarandas pers

Deur Datum gepubliseer: 29 May 2017 5

Rose pienk en jakarandas pers,
ek sing vir jou ‘n bloublomvers
van laventelbos en roosmaryn,
van lelies geel soos die son se skyn.

Malvas bloei in die bloedste rooi.
Dis die swartoognooi wat flikkers gooi –
oor die heiningdraad rank haar ranke groen
sy kleur haar blomme in ryp lemoen.

Die muurblom wat so eenkant staan
het weer…

Wenners van die lente projek

Deur Datum gepubliseer: 3 October 2016 10

Gedigte afdeling:

1. Viooltjie met Ek kom haal jou in Augustus
2. Agie met Lentedans
3. Anzé Bezuidenhout met Lente-kotiljons

EERVOLLE VERMELDING:
Viooltjie met Lente kom op 4 September, Blameer die lente en Op soek na die lente
En ook
Cornien met Nog lente in jou hart

Baie geluk aan hierdie 4 digters!

Bind die stilte vas

Deur Datum gepubliseer: 3 October 2016 5

Daglig skeur deur
die donker flenters
waar maan’spatsels nog
aan die donker hang

Het my siel
swanger’vol geword
met gedagtes oor jou
ek gryp daarna
maar dit raak stil, net stil

Tik stil tik stil tik stil
verstikkend
die godse nag lank
wagtend
ons uur te slaan
en luidkeels uit te…

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 88 guests online

Bydrae Totale