Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Herfs

Herfs leen homself tot amber, bruin, geel en menigte skakerings van ander kleure. Dit is ook die inleiding tot die rus van Winter waar die aarde weer asemskep. Herfs kan ook herinner aan periodes in ons verhoudings met mekaar, ons geliefde en die aarde.

Hierdie projek stel aan jou die uitdaging om hieroor te skryf. U kan deelneem in enige van die afdelings, maar elke inskrywing MOET die woorde: ‘Amber rus ons liefde, in afwagtiging dat dit wéér ontspring…’ insluit. U kan self besluit waar dit in u werk gebruik word. Dit mag NIE u titel wees nie, maar kan daarmee begin, of eindig of doodgewoon deel uit maak van die inhoud van u skrywe.

Projek sluit 24:00 op 29 Maart 2016.

Baie sterkte, en laat u verbeelding vrye teuels geniet.
Projek Moderator

‘Skryf in Afrikaans…dit maak soveel sin’

Amber Liefde

Deur Datum gepubliseer: 30 March 2016 15

Roes rooi vertoon ons‎
as ons val
van bome van die hart
As ons wankel in
ons ruimtes
onmeetlik so vol
van smart.
As die son goud drup
oor die vlakte
en die gras waai
soos golwe prag
Tot wanneer herfs
knip oog
vir die winter
Sal ek op jou wag.
‎”Amber rus ons liefde,
in afwagtiging
dat dit wéér ontspring”
Vir ewig aan
ons hartklop
n rusplek
en versugting…

Woorde op ‘n servet

Deur Datum gepubliseer: 30 March 2016 19

Katryn klap die veiligheidshek toe. Sy woorde hang in die lug, sy’t hulle gehoor, maar sy gaan nie hier staan dat hulle by haar ore verby kan seil in haar hart in nie. Sy stoot die voordeur toe en sien deur die venster sy gesig agter die tralies van…

Grashalm groet

Deur Datum gepubliseer: 29 March 2016 11

Vlamkleurig hang pop’lier en esdoring blaar –
helder geel en rooi getooi tot brons en goud,
versadigend gelouter in laaste sonstraal,
voordat blaarsteel kurkagtig en koud
die laaste lewenslyn in elk’ binne aar afsny
en boom skelet-kaal vinger wys na hemel blou
en winter skelm wit sy intrek kry,

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 97 guests online

Bydrae Totale