Jongste aktiwiteit:

Projekte“Carpe Diem” (Gryp die oomblik) – Sonnet

Tyd is nie tasbaar nie, en kan ook nie in die laai gebêre word om later te gebruik te word nie. Carpe Diem is Latyns vir: ‘Gryp die oomblik.’

In hierdie projek het u ‘n tweeledige opdrag:

(1) Die inhoud moet die filosofiese waarheid van ‘Gryp die oomblik’ bevat of omskryf.
(2) Indien u in die poësie-afdeling deelneem, MOET die vers in Sonnet (enige, nie voorskrywend nie) vorm ingeskryf word.

Laat u verbeelding vry.

Projek Moderator
‘Skryf in Afrikaans…dit maak soveel sin’

TER LINLIGTING:
‘n Sonnet het altyd 14 reels

Engelse / ShakespearSonnet (14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)

Die beskrywing word geplaas in r 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in r 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.

sonnette se versreëls is dikwels korter/ meer beknop ( die klassieke sonnette het net 5 versvoete/ 10 lettergrepe elk )
A b a b, c d c d, e f e f, g g

‘n Italiaanse sonnet. Die reëls vir die skryf van ‘n Italiaanse sonnet is as volg: (Petrarca)
Die gedig bestaan uit 2 strofes, waarvan die eerste strofe ‘n oktaaf (8 versreëls) en die tweede strofe ‘n sestet (6 versreëls) is
Die rympatroon van die oktaaf is a-b-b-a-a-b-b-a.
Die rympatroon van die sestet kan enigeen van die volgende wees:
c-d-c-d-c-d
c-d-d-c-d-c
c-d-e-c-d-e
c-d-e-c-e-d
c-d-c-e-d-c

Sperserian Sonnet (14 reels 2 x 4 strofes en slot 2 strofes)
A b a b, b c b c, c dc d, ee

Soms spook spoor my gedagtes bloots deur die dag wanneer goeie onthou’tjies my tot stilstand pootjie en nostalgies in klein dingetjies vir my wag… van geurige moer koffie tot ‘n vars gebakte broodjie. Met ‘n brein oor werk en na rustigheid roep, soek my hart my ou vlak tussen bossie en sand koester my oë […]

Die dae was skynbaar goed; die kalmte en wyn soet … Teen die einde van my derdejaar het wat eens ’n “surfer-image” jongman was, verander na ’n besige belangrike en ge-agte rolspeler in die studentelewe koekon. Die Nissan het plekgemaak vir ’n amper nuwe 3-reeks BMW met sy eie Baie Belangrike Parkeerplek op kampus. Teen […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed