Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

“Carpe Diem” (Gryp die oomblik) – Sonnet

Tyd is nie tasbaar nie, en kan ook nie in die laai gebêre word om later te gebruik te word nie. Carpe Diem is Latyns vir: ‘Gryp die oomblik.’

In hierdie projek het u ‘n tweeledige opdrag:

(1) Die inhoud moet die filosofiese waarheid van ‘Gryp die oomblik’ bevat of omskryf.
(2) Indien u in die poësie-afdeling deelneem, MOET die vers in Sonnet (enige, nie voorskrywend nie) vorm ingeskryf word.

Laat u verbeelding vry.

Projek Moderator
‘Skryf in Afrikaans…dit maak soveel sin’

TER LINLIGTING:
‘n Sonnet het altyd 14 reels

Engelse / ShakespearSonnet (14 reels, 4 strofes 3 x 4 en slot net 2)

Die beskrywing word geplaas in r 1-12
Die inhoud word gewoonlik verdeel in 3 kwatryne ( 3 strofes van 4 reëls elk )
Die wending/ of verandering/ of ommekeer is in reël 13.
Die verinniging of verdieping is in die laaste koeplet ( strofe van 2 reëls ) in r 13 -14.
Die vaste rympatroon van die Engelse sonnet is abab cdcd efef gg.

sonnette se versreëls is dikwels korter/ meer beknop ( die klassieke sonnette het net 5 versvoete/ 10 lettergrepe elk )
A b a b, c d c d, e f e f, g g

‘n Italiaanse sonnet. Die reëls vir die skryf van ‘n Italiaanse sonnet is as volg: (Petrarca)
Die gedig bestaan uit 2 strofes, waarvan die eerste strofe ‘n oktaaf (8 versreëls) en die tweede strofe ‘n sestet (6 versreëls) is
Die rympatroon van die oktaaf is a-b-b-a-a-b-b-a.
Die rympatroon van die sestet kan enigeen van die volgende wees:
c-d-c-d-c-d
c-d-d-c-d-c
c-d-e-c-d-e
c-d-e-c-e-d
c-d-c-e-d-c

Sperserian Sonnet (14 reels 2 x 4 strofes en slot 2 strofes)
A b a b, b c b c, c dc d, ee

Episode vier: In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding

Deur Datum gepubliseer: 22 April 2016 9

Die dae was skynbaar goed; die kalmte en wyn soet …

Teen die einde van my derdejaar het wat eens ’n “surfer-image” jongman was, verander na ’n besige belangrike en ge-agte rolspeler in die studentelewe koekon. Die Nissan het plekgemaak vir ’n amper nuwe 3-reeks BMW met sy eie Baie…

Soms roep die lewe halt ……

Deur Datum gepubliseer: 21 April 2016 6

Toe jou wit onderrok-kant
daar oor jou skouer gly,
het op jou hals se blanke-ivoor
ñ sonnestraal gedy.

Carpe Diem in tyd,
het my hart dit totaal verloor,
in sy hunker om daai stukkie naak
saggies te soenknibbelbyt.

En toe jou oë myne ontmoet,
so half bly-verleë,
sê jy oor my tere emosie-woed
oeps, al so laat, ek moet gou…

GRYP DIE OOMBLIK

Deur Datum gepubliseer: 20 April 2016 7

GRYP DIE OOMBLIK!

‘n Klompie jare gelede was Koos en ek vir ‘n paar maande in Zambië gestasioneer. Ons selfone was nie internasionaal gekoppel nie. Ons was afhanklik van Pieter en Elsie se huisfoon vir oproepe na Suid-Afrika. En was dit duur! – sestig rand vir drie minute se kosbare…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 27 gaste aanlyn

Bydrae Totale