Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Junie 2018 – Poëtiese orde projek

Ek merk met baie van die inskrywings neig die kommentaar altyd na die estetiese aanbiedings, wat natuurlik spelling, die gebruik van leestekens, ritme en metrum insluit, en verder, die verkeerde gebruik van hoofletters en die basiese reëls wat met poësie gepaard gaan.
Uit van Wijk se boek (sien verwysing hiernaas) leer ek: “om te dig is ‘n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van ‘n taal gebruik maak…”
[N. van Wijk (1936 [1912]), Franck’s Etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, Etymologiebank.nl, http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/gedic ]

Hierdie maand is die opdrag om aan hierdie onderskeie aspekte van poësie en prosa aandag te gee.

VIR DIE DIGTERS:
Skryf ‘n gedig (nie langer as 15 lyne nie) en implimenteer die estetiese beginsels van leestekens, tipografie en basiese goeie reëls. Die onderwerp van jou gedig is nie voorgeskryf nie, maar jy gaan BAIE streng gemerk word op die bostaande.

VIR DIE SKRYWERS:
Skryf ‘n storie of artikel oor enige onderwerp maar pas die reëls soos hierbo vervat streng toe.

ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID

Skryf in Afrikaans – ‘is mos lekker’
Projekbestuurder

Lagunenberg

Deur Datum gepubliseer: 12 Junie 2018 1

Uit die eb en vloei van lig en lyn,
ewig deinend soos die seegety,
verrys Lagunenberg

haar glansend’ mere opgedroog,
al lank nie meer die ys en reën
– die vlaktes lê stom om haar heen –

eens majestueus,
nou net nog ‘n griffelplaat
vir die graffiti van ons tyd,
letsels…

Die groot misverstand

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2018 3

Alida kners op haar tande. Sy het nog nooit so beledig en geminag gevoel nie. Hoe durf die Gerda vroumens en die ander vrouens, wat haar nie eers ken nie, sulke nare dinge van haar kwyt raak wonder sy geskok hier waar sy in haar motor sit. Maar…

Die ander vrou

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2018 2

“Lenie, ek dink Wynand verkul my met ‘n ander vrou!” sê Inge in ‘n tranerige stem vir haar vriendin aan die anderkant van die lyn.

“Ag nee Inge, Wynand sal nooit na ‘n ander vrou kyk nie, hy is te lief vir jou.”

“Lenie jy verstaan nie! Wynand is skielik so…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 25 gaste aanlyn

Bydrae Totale