Ek merk met baie van die inskrywings neig die kommentaar altyd na die estetiese aanbiedings, wat natuurlik spelling, die gebruik van leestekens, ritme en metrum insluit, en verder, die verkeerde gebruik van hoofletters en die basiese reëls wat met poësie gepaard gaan.
Uit van Wijk se boek (sien verwysing hiernaas) leer ek: “om te dig is ‘n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van ‘n taal gebruik maak…”
[N. van Wijk (1936 [1912]), Franck’s Etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, Etymologiebank.nl, http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/gedic ]
Hierdie maand is die opdrag om aan hierdie onderskeie aspekte van poësie en prosa aandag te gee.
VIR DIE DIGTERS:
Skryf ‘n gedig (nie langer as 15 lyne nie) en implimenteer die estetiese beginsels van leestekens, tipografie en basiese goeie reëls. Die onderwerp van jou gedig is nie voorgeskryf nie, maar jy gaan BAIE streng gemerk word op die bostaande.
VIR DIE SKRYWERS:
Skryf ‘n storie of artikel oor enige onderwerp maar pas die reëls soos hierbo vervat streng toe.
ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID
Skryf in Afrikaans – ‘is mos lekker’
Projekbestuurder
Junie Projek – INK Kommentaar en uitslae
WENNERS:
GEDIGTE:
Goud:
1 ste (No. 14); Carma Shaw met Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916)
2de (No. 10) Anzé Bezuidenhout met Winterreën
Silwer:
1 ste (No. 6) Estelle Rubouw met Oggendlied
Geen 2de en 3de plekke
Brons:
(No. 7) Denise van Rensburg met Semelkop
Geen 2de en 3de plekke.
VERHALE:
Geen.
Kommentaar:
GEDIGTE:
Glasblind staar (1):
Ek dink jy het…