Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Opleiding/Krit

Elke lid kan 1 gedig per week plaas vir bespreking.
Ek wil graag ‘n uitnodiging rig aan ieder en elk wat aan die opleiding/krit afdeling deelneem.
Afrikaans is vir ons almal ‘n hartsaak en met hierdie afdeling poog ons om die skrywers by te staan en genoegsaam leiding te gee. Dit is dus heerlik om te sien dat die voorstelle wat gegee word óf bespreek óf gebruik word.
Dit is nie die doel om u werk te verander dat dit vir uself vreemd lyk of voel nie, maar ‘n riglyn om sekere klein hindernisse te oorkom.
Dit is ook elke digter se keuse of van die voorstelle gebruik word al dan nie, maar as moderator sou ek graag u verdere betrokkenheid wil sien.
Gebruik asseblief die geleentheid om met my in kontak te tree en dan gesels ons heerlik om u vers.

Die afdeling behoort ‘n gereedskapstuk te wees en nie ‘n stok om ander se werk te slaan nie. Ek vertrou dat ek in die lig hiervan omgaan met u werk wat hierdie sentimente weergee. Indien nie, wees asseblief eerlik en spreek my aan per inkassie hier op INK asb.

Altyd dienswillig
Die uwe
Inkmoderator

Windverwaai

Deur Datum gepubliseer: 11 August 2018 Hou van

Suidwester waai wit wilde
skuimende sout seeperde
wat perd pronk in die boog van die baai
hier het my siel rus gekry

Dogter van Sion

Deur Datum gepubliseer: 6 August 2018 3

die son sak vroeg oor die dorp
mense keer huiswaarts
gaan skuil teen die koue
behalwe in Kerkstraat
waar ‘n vrou staan op die hoek
skraps geklee
haar kyk
haar stap
haar glimlag is verleidelik
met ‘n doel
om die natuur te gebruik
ten einde munt te slaan in…

Karoo Medisyne

Deur Datum gepubliseer: 4 August 2018 1

Sonvingers strek uit na Pramberg,
vat sag aan kraalbos
streel klipplate.
Opstaan! Opstaan!
Snotpatat en skilpadbessie
katnaels en bobbejaanjies
almal se gewag nie verniet.
Die nuwe dag breek mooi rooi.
Blou nagdonker met helder sterspikkels verdwyn
maak plek vir rooi en geel skakerings.
Elke dag is gevul met hoop…

Gebruikers Aanlyn

including 2 members, 89 guests online

Bydrae Totale