Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem.

Met die aanbreek van Oktober, wil ‘n digters-/skrywershart by willekeur vir Leipoldt onthou. ‘Viooltjies in die voorhuis, Viooltjies blou en rooi..’ eggo deur ons gemoed en kan mens nie anders as om die ou meesters te onthou nie. Hulle ongelooflike bydrae tot die Afrikaanse skat is ongekend en herinner ‘n weerlees van sommige verse ons aan die stryd wat toe, soos nou, gestry word om die taal in poësie te verewig.

Dit is nie net ‘n talent nie, maar die grootste voorreg om onsself as digters en skrywers uit te druk en lewe te gee aan iets wat maklik dood op papier kon wees. Daar behoort ‘n feesviering te wees elke keer as ‘n versmaker pen teen papier sit; ‘n opgewondenheid behoort te borrel totdat die mooiste woordordes die oop spasies vul.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Meneer Adams in Drukkerystraat

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2016 9

“Mnr. Neil moet vir hom cinnamon oil kry; daai goed is goed vir die bors…”

Herbert P. Adams is ‘n lang, skraal, sestigjarige gryskopman met baie merke op sy kerfstok en tronktattoes om dit te bewys. Herbert is ‘n huislose straatbewoner van die die Kaap se onderdorp, maar met sy…

DIE KAPING

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2016 5

Trane van verlange,
rol oor my wange.
Verlange na jou,
verlange so rou.

Jy was aan my regter sy,
ons was besig om te ry.
By die verkeerslig het ons gestop,
dit was toe dat n man voor ons inhop.

“Klim uit!”het hy geskree,
jy was kalm en het gese”Nee!”
Daar was net een skoot,
jy is daar in my…

MADELINE

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2016 5

n Dogtertjie,klein en fyn,
het een aand,spoorloos uit Portugal verdwyn.
In hul vakansie huis,
was sy en die tweeling alleen tuis.

Wie het haar daardie aand gesteel,
wie het haar verdwyning gereel?
Wat het van Maddie geword?
Daar is soveel stukke van die legkaart kort.

O’kleine Madelein,
sien jy die son nog skyn?
Weet jy dat almal na jou…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 114 gaste aanlyn

Bydrae Totale