Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem.

Met die aanbreek van Oktober, wil ‘n digters-/skrywershart by willekeur vir Leipoldt onthou. ‘Viooltjies in die voorhuis, Viooltjies blou en rooi..’ eggo deur ons gemoed en kan mens nie anders as om die ou meesters te onthou nie. Hulle ongelooflike bydrae tot die Afrikaanse skat is ongekend en herinner ‘n weerlees van sommige verse ons aan die stryd wat toe, soos nou, gestry word om die taal in poësie te verewig.

Dit is nie net ‘n talent nie, maar die grootste voorreg om onsself as digters en skrywers uit te druk en lewe te gee aan iets wat maklik dood op papier kon wees. Daar behoort ‘n feesviering te wees elke keer as ‘n versmaker pen teen papier sit; ‘n opgewondenheid behoort te borrel totdat die mooiste woordordes die oop spasies vul.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Oogwink

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2016 10

Onverwags het tyd ophou wag
en het wysers gebuig
vir my begin lag
sekondes skop teen minuut mure
en my horlosie tel jare in ure
voor ek myself kon vind
het ek my aan tyd vas gebind
en sien ek myself oud
in die oë van ‘n kind

Erik se Delusies

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2016 6

Erik stop voor die donker venster van die restaurant en maak eers seker dat sy voorkoms is soos hy dit wil hê. Beïndruk met homself, loop hy tot by die deur en verwag dat een van die kelners van binne die deur moet oopmaak.

Hy betree die restaurant en kan…

Vanaand onthou ek jou!

Deur Datum gepubliseer: 29 Oktober 2016 6

Vanaand onthou ek jou! …
Ek onthou vanaand elke goue oomblik saam met jou,
soos die aand toe ons, ons lief aan mekaar belei.
Gemaklik gevoel om soveel met jou te deel,
en steeds laat jy my voel, so ongelooflik vry.
Al het ons altwee aanbeweeg,
en jy hetdie…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 86 gaste aanlyn

Bydrae Totale