Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem.

Met die aanbreek van Oktober, wil ‘n digters-/skrywershart by willekeur vir Leipoldt onthou. ‘Viooltjies in die voorhuis, Viooltjies blou en rooi..’ eggo deur ons gemoed en kan mens nie anders as om die ou meesters te onthou nie. Hulle ongelooflike bydrae tot die Afrikaanse skat is ongekend en herinner ‘n weerlees van sommige verse ons aan die stryd wat toe, soos nou, gestry word om die taal in poësie te verewig.

Dit is nie net ‘n talent nie, maar die grootste voorreg om onsself as digters en skrywers uit te druk en lewe te gee aan iets wat maklik dood op papier kon wees. Daar behoort ‘n feesviering te wees elke keer as ‘n versmaker pen teen papier sit; ‘n opgewondenheid behoort te borrel totdat die mooiste woordordes die oop spasies vul.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Skilderdoek klonte

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2016 7

Swart koffie drup
filter ink
Swart vlekke
wat in my siel insink

Versuip en smeer
Smeer die gedagtes en visioene

Deurmekaar in kleur klonte
op ‘n hoop, in ‘n hoek
Met vuil vingers
smeer dit op
my skilderdoek

Verf strepe buite die lyne
Slordige spatsels van random verlange

Leë siele lê rond in tente
Voos geworstel met hul engele

My siel plof in die…

Steenoog ‘n traan

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2016 7

Waar die glinster
van die reӫn
oor veryste been
stil gaan lӗ
in vertrapte steen

Dryf my gedagtes rond
in hierdie kleihardheid
sien ek my sieӗlbeeld
weerloos in jou oӗ se bont

Voel ek die trilling en tromme
van trane teen my hartkamer se ruit
geen warme gloed deur
venster’spleet of deur

In die nagwind
se taai afloop teen koue klip
steenoog ‘n traan
wat…

Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2016 10

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 101 gaste aanlyn

Bydrae Totale