Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Oktober (oop kategorie) projek – 1 Okt tot 31 Okt 2016

In feesviering saam met INK se eerste gala-aand, is hierdie maand se projek totaal ‘n oop kategorie.
Jy kan oor enige onderwerp skryf, in enige vorm en volgens jou eie reëls. Dit is die maklikste projek tot nou en die projekbestuur sal graag alle lede wil uitnooi om hieraan deel te neem.

Met die aanbreek van Oktober, wil ‘n digters-/skrywershart by willekeur vir Leipoldt onthou. ‘Viooltjies in die voorhuis, Viooltjies blou en rooi..’ eggo deur ons gemoed en kan mens nie anders as om die ou meesters te onthou nie. Hulle ongelooflike bydrae tot die Afrikaanse skat is ongekend en herinner ‘n weerlees van sommige verse ons aan die stryd wat toe, soos nou, gestry word om die taal in poësie te verewig.

Dit is nie net ‘n talent nie, maar die grootste voorreg om onsself as digters en skrywers uit te druk en lewe te gee aan iets wat maklik dood op papier kon wees. Daar behoort ‘n feesviering te wees elke keer as ‘n versmaker pen teen papier sit; ‘n opgewondenheid behoort te borrel totdat die mooiste woordordes die oop spasies vul.

Skryf in Afrikaans – dit maak sin!
Projekbestuurder

Eggo’s van die lewe

Deur Datum gepubliseer: 7 Oktober 2016 6

Kom sit hier langs my
jy lyk moeg vanaand
maak toe die gordyne
luister na die wind daarbuite

Hou my hand
dans met my
omhels hierdie oomblik
vir altyd tussen jou en my

Die wind sing sy eie lied
nie net van hartseer en verdriet
want tussen verlies en besit

Kaggel tyd

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2016 6

Ek was rustig in myself
gelukkig in my alleenheid
die son het onder gegaan
die son het opgekom

Toe het jy gekom
en teen my beter wete
knik die hart …
is bowe my verstand

Dit kom alles daarop neer
ek moet my tyd vat hierdie keer
en sal hard probeer
weer en weer

Solank jy net hier bly
want jy is…

Alcatraz

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2016 11

Op ‘n verlate eiland
het ek na jou gedelf
maar al wat ek kon kry
was versteende ghwano
op die venserbanke
van ‘n gepansterde
Alcatraz.

Swart tralies het
jubelklanke toegespin
terwyl die kras van die seemeeue
die bleek uit my irisse steel
en verdwaalde krappe
het sku onder die gruis

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale